| |
|
Die boek
het my so geseën, dit het vir my gevoel die vrou skryf
my eie lewensstorie en asof sy presies weet hoe ek
grootgeword het. Ek het vyftien boeke bestel en vir my
vriendinne uitgedeel.
Tannie van Harrismith |
| |
Wow, toe ek die
hoofstuk oor die “Monsters in jou hart” lees, het dit
gevoel iemand praat kliphard met my… Ek het al 4
monsters in my hart gekry hoe….hooe….hoooe!! (trane)
Vriendin
Pinetown |
| |
|
Dit was ‘n lekkerlees afrikaanse boek, lig op die tong.
Ek het deurnag gelees, kon nie die boek neersit nie.
Tannie Audrey |
| |
|
Ek het die boek
so geniet!! Letterlik gevoel of ek jou hoor praat het
die hele tyd, dit was lekker “down the Memory Lane” boek.
Vreeslik lekker gelees.
Vriendin
wat my vrouekamp toe gevat het. |
| |
|
O Gonna, toe ek die hoofstuk lees van
“In my man se hande” het ek omtrent pak gekry. Het toe
net klaar ‘n tantrum gegooi oor my man. Die Here het
geweet ek moes dit hoor.
Vrou van Pinetown |
| |
|
Ag my sussie, ek het
die boek so geniet, het dit vir die oom gegee om te
lees. Hy het dit net so geniet. Ag my hartjie, ons het
ook ons kinders so Godsdienstig groot gemaak. Die oom sê
ons moet nog drie boeke koop en maar vir ons boeties en
sussie ook gee. Hulle het net soos ons gemaak.Tannie
van Margate |
| |
|
Uitstekende boek!! Die Here gaan dit
nog kragtig gebruik om huwelike te genees, en mense hoop
te gee na emotionele trauma.
Vriendin
van skool |
| |
|
Ek het die boek so
geniet ek wil net hê almal moet dit lees, ek vat dit
letterlik van die een vrou af en gee dit vir die
volgende om te lees.‘n
Mamma van ons skool |
| |
|
Die boek weerspieël absoluut die
tipiese Afrikaanse huis waarin ons groot geword het,
baie mense is in Godsdiens vasgevang. Die boek maak ‘n
duidelike skeiding tussen verhouding en Godsdiens.
O.M Bemarker |
| |
|
Het jy al die volgende een begin skryf?
Moet tog net nie ophou nie…‘n
Mamma by ons skool |
| |
|
Ek was mal oor die gedigte! Mal… mal…
mal… daaroor.
Vriendin uit Australie |
| |
|
Tannie na die boek wil ek net kom
kamp, as die Here dit vir tannie kon doen sal Hy dit vir
my ook doen.
Aangetroude familielid |
| |
|
Elsabé die boek is ‘n pragtige
getuienis van wat die kampe vir julle gedoen het. Dis
wonderlik dat jul getuines in ‘n boekvorm uit is, ek
gaan dit defnitief bemark, elke vrou behoort dit te
lees.
Tannie
van Woord in Aksie Pretoria |
| |
|
Tannie,
ek het tanie se boek gelees, dis soooo kwl (cool). Ek
het nie geweet tannie is deur sulke goed nie. Tanie lyk
altyd so gelukkig. Dis so mooooi…….
Vriendin
se 16 jarige dogter |
|
|