Ek
weet verseker dat dit wat ek nou gaan skryf, gaan
met baie van julle wat die stuk lees,praat.
Het
die Here dalk al vir jou gesê om ‘n boek te skryf,
maar jy wag, of ignoreer dit net. Ja… ja , ek weet
dit is so. Hoe weet ek dit?
Ek
weet dit want God soek jou en my getuienis daar
buite om vir hom te werk!! Tien mense kan gelyk jou
boek lees in verskillende lande oor die wêreld. Dit
is onmoontlik vir jou om by almal uit te kom wat op
daardie oomblik jou boek gelees het.
Kyk
wat staan in Openbaring:
Openb 12:11 En hulle het hom oorwin deur die
bloed van die Lam en deur die woord van hulle
getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe
nie liefgehad nie.
Soms
is ons bang om ons getuienis op papier te sit, want
dit ontbloot ons lewens… dis hoe ek ook daaroor
gevoel tot die Here my herinner het dat my lewe nie
meer aan my behoort nie maar aan Hom.
Ons
het in ‘n A.G.S kerk gesit die pastoor was besig om
te preek, ek sal dit nooit vergeet nie, die preek
het gegaan oor ons wat nie veronderstel is om “in te
blend” nie, maar juis om uit te staan.
Hy het
reg voor ons kom staan sy vinger na my toe
uitgesteek en gesê “if God told you to write a book,
then write it!”
Ja…ja…
dit klink toevallig nê? Hoor nou hierdie een…
Vriende van ons sou oorsee gaan vir 9 maande en het
gevra of ons hul huis sal oppas vir die tydperk.
Hulle het twee vriendinne gevra om saam met hulle te
bid oor wie in hul huis moet bly. Altwee vrouens(ken
ons glad nie) het terug gekom met die woord dat hul
voel die Here sê die mense wat in hul huis gaan bly,
gaan ‘n boek skryf…en dat ek juis die tyd nodig gaan
hê om meer tyd by die Here te spandeer. Dit was so,
omdat dit nie ons eie huis was nie, het ons nie baie
vriende oorgenooi nie, ons was ook ‘n hele entjie
uit die dorp so mense het nie sommer uitgery na ons
toe nie. Dit was ‘n stil kosbare tyd in my lewe.
Hier het die Here vir my die hoofstukke uitgelê, en
my hart begin voorberei vir die boek.
Toe
die Here my ‘n “deadline” gee vir die boek het ek
benoud begin word. Ek het gesê “ Vader waar gaan ek
tyd kry? Ek wil graag ure voor my hê wat ek net kan
skryf, maar in ‘n huis met drie kinders was dit vir
my onmoontlik, ek doen al my huiswerk self, maak kos,
en het soms besige dae van berading voor my. Maar my
plan was nie syne nie…
Dit
was Desember vakansie, Hy het my getrou elke oggend
drie uur wakker gemaak. Die eerste oggend het ek so
ewe gaan terug klim in die bed en weer probeer slaap.
Maar nietemin, ek was wawyd wakker. Ek het net gesit
en stiltetyd hou. Die tweede oggend toe begin ek die
gevoel kry dat ek maar my laptop moet opslaan en
begin. Vir twee weke aanmekaar was ek elke oggend
drie uur wakker, ek het gesit en skryf in die stilte
tot omtrent 6h30, dan het ek in die bed gaan klim en
geslaap tot die kinders so 8h30 opstaan. Hulle was
salig onbewus van my vroeë opstaan en skryf.
Dit
was drie weke toe is die boek kant en klaar, dit was
‘n wonderwerk, die Here het regtig net my gedagtes
georden en my gehelp om alles op papier te kry.
As die
Here vir jou sê om te skryf, begin net. Begin om jou
gedagtes op papier te sit en as jy tema’s kry koppel
dit aan hoofstukke. Al is dit ‘n nota papiertjie in
die parkering, maak die nota en gaan sit dit in jou
leër.
Voor
jy jou kry het jy net so ‘n duk pak papier met ure
se skryfwerk op.
‘n
Kosbare vriendin het vir my die boek se voorblad
gedoen en ‘n ander vriendin het die “editing” gedoen.
Die boek is drukkers toe en sowaar as vet het ek die
eerste boeke gekry so 5 ure voor die bekendstelling…
Ek
moes letterlik die Here vertrou tot op die einde. Ek
het net gesê “ Here dit is U boek, die saak is
tussen die drukkers en U. Ek het die opdrag
uitgevoer soos in my vermoë, die onmoontlike los ek
vir U”
Hy is
getrou. Die boek was betyd klaar. Ek gee hom al die
eer daarvoor.