Nuwe Christelike Literatuur | Die kinders gaan kerk toe maar Pa het nie vrede nie | Elsabe Hendriks | Christelike Boeke | Nuwe vehouding met Jesus Christus | Christen getuienisse

Nou ja, soos enige klein dogtertjie het jy seker ook gedroom oor jou troudag: Die perfekte dag met ‘n droom prins en jy wat soos ‘n prinses lyk, alles in wit … ‘n droom wat waar word.

My troudag was ‘n droomdag, my prins was mooi… die mooiste van almal om my. Dit was so vinnig verby, ek wou nog droom. Toe is dit wittebrrood. Ons wittebrood was ‘n “disaster” toe ons twee dae later plat in die bed is met voedsel vergiftiging, maar niks kon ons passie vir mekaar en die lewe keer nie.

Sewe jaar later was die passie egter ommekaar te vernietig… soos baie ander het ons in die “rat race” van die lewe begin deelneem. Ons het twee klein seuntjies gehad. Twee korporatiewe bestuursposisies, twee duur karre, ‘n dubbelverdieping huis. Van buite af was ons mooi en gelukkig. Maar binne in ons was dit leeg, was ons ongelukkig en frustreerd met mekaar met onsself en met die lewe.

Ons het genoeg geld gehad vir duur vakansies, maar ons wou nie die tyd saam spandeer nie… die een ding wat ons geld nie kon koop nie was: Vrede en Liefde.

Ons was op breekpunt, die huishouding was gespanne, ons tye saam het op oorlog uitgeloop. Ons het al hoe meer in ons werksplekke weggekruip.

Een aand was ons bakleiery so vurig dat ons albei besluit het egskeiding is beter as dit waarin ons is… ek was so ontsteld, my ouers was reed 45 jaar getroud en Freddie sin omtrent 30 jaar. Ons ken nie egskeiding nie, en vir my het egskeiding gedui om mislukking… wat nie deel was van my raamwerk nie. Wat ek gesê het, het hy nie gehoor nie. En wat ek wou hoor het hy nie gesê nie. Ons was so frustreerd met mekaar. Ek het na ‘n vriendin toe gery en gaan afpak. Ek was moeg, lewensmoeg. Ek was bereid om alles prys te gee vir vrede.

Sy het my na ‘n Woord in Aksie kamp genooi die volgende naweek, ek het omtrent dadelik my tasse gaan pak ek kon nie wag om weg te kom nie.

Wat ‘n soete dag was dit nie… Op hierdie kamp het iemand vir my gewag, Sy Naam is Jesus. Hy het geweet van my vrese, my woede, my bitterheid, en Hy was gereed om alles reg te maak. Met ope arms het Hy net gewag dat ek moet inkom. Ek het nog nooit so baie gehuil nie, met elke traan het die Here kom skoon maak, kom genees en versoening gebring. Ek is huis toe na die naweek en vir Freddie gevra of hy my asb ‘n tweede kans sal gee. Hy het ingestem. Die verandering in my was so fenominaal dat hy letterlik “gevrek” het van neskurigheid. Hy het ingestem om twee weke later op die Mannekamp te gaan. Op hierdie kamp het iemand vir hom gewag, Sy Naam is Jesus… wat is soete dag was dit nie …

Ons is nou reeds 20 jaar getroud, ons huwelik is ‘n veilige hawe vir beide van ons. Ons verstaan mekaar, vertrou mekaar, geniet mekaar en ja ons bid vir mekaar. Baie!

Ons is reeds twee jaar saam in die bediening en vertrou die Here vir groot goed. Hy gebruik ons lewens om te getuig vir Hom. Soms verstaan ons self nie waardeur ons gaan nie. Maar ons weet Hy is en bly getrou.

So drie jaar terug het die Here met my begin praat om ‘n boek te skryf. Dit was vir my “wow” ek het nie ‘n idee gehad hoe en waar nie, maar toe ek een tree vorentoe gaan, toe kom Hy een tree nader. En so stap ek dag vir dag een vir een tree nader aan Hom. Vir meer oor die boek gaan lees onder - Meer oor die boek.

 

 






 


Nuwe Christelike Literatuur | Die kinders gaan kerk toe maar Pa het nie vrede nie | Elsabe Hendriks | Christelike Boeke | Nuwe vehouding met Jesus Christus | Christen getuienisse