Bruid van Christus, jy word genooi na 'n Woord in Aksie Vroue Konferensie, wat beloof om jou lewe te verander..... jou Bruidegom, Sy naam is Jesus, het hierdie naweek 'n afspraak met jou...

Hy wil jou vertel hoe lief Hy jou het, wat Sy beloftes vir jou is, waartoe jy in staat is... en die goeie dinge wat Hy beplan vir jul toekoms... Sy banier oor jou is LIEFDE... hardloop... hardloop weg van alles wat jou vashou om nie te kom nie, kom hierdie afspraak na!!  moet dit nie mis nie...

Jou kinders is welkom - ons sal later meer besonderhede deurgee oor hul bediening.

Plek:
Camp Jonathan - Eston

Kostes:
R360 old eenhede (volwassenes)
R380 new eenhede (volwassenes)
R250 per kind (4-10 jaar)
R280 per kind (11-14 jaar)

Tyd:
Vanaf 3 uur Vrydag die 16de April tot 1 uur Sondag die 18de April

Bespreek nou by my, en kry jou verw nommer voor jy betaal. Jy kan bel, sms, email of op internet bespreek, kry daai ver sussies wat se manne Mighty Men toe gaan om saam te kom. Onthou as jy nie 'n vewysingsnommer by my gekry het nie... is jy nie bespreek nie!!!


Woord en Lewe
ABSA Bank
Rek nr. 1190157284 (tjek rek)
Tak - Pinetown
Tak kode – 334 – 226
~ onthou asb jou verwysings nommer ~

Elsabe Hendriks 

Tel 031 700 1790

072 178 6114

www.woordinaksienatal.co.za

Wat moet jy saambring:

  • ‘n Verwagting dat God iets GROOTS vir jou gaan doen

  • Beddegoed vir jou en kind

  • Eie medikasie (veral vir kinders, pleisters, ens)

  • Bybel, pen en notaboek

  • Eie handdoek, gemaklike klere

  • Ekstra geld vir boeke, t hemde en kollekte

  • ‘n Vriendin wat Jesus nodig het

  • Ons sal later 'n meer volledige lysie vir kinders stuur.