“Ek glo dat God ons deur ‘n woestynpad lei op ‘n pad
van heiligmaking, en dat Hy ons help om ons los te
maak van dit wat die wêreld ons mee vashou.
Ek het baie empatie met alleenouers. Ek dink nie
enige iemand wat nie self daardeur is nie, werklik
begrip het vir die omvang van wat alleen ouerskap
behels nie. Van kindersielkundige tot finansiële
“know what to do”, van swembad kundige tot sosiale
beplanner, alles kom op een persoon se skouers af.