Woord in Aksie Natal | KZN Kampbediening | Kwazulu Natal Woord in Aksie | Evangelisasie Kampe Natal | Christen Gasspreker Natal | Huweliks Seminaar Durban | Marriage Seminars Durban | Enrich your marriage | Marriage in trouble help |  Lewe in Jesus Christus |Save my marriage| Ontdek jou waarde in Jesus | What makes me whole | Dealing with trauma Durban | Youth Camp for Christ Natal | Woman's Ministry KZN | Camp Ministry Natal|Durban for Jesus|Christian printed t-shirts Durban

Anschen – my passie is meer families en die haweloses.  As die HERE in elke gesin “top priority” kry en Pappa’s en Mamma’s wee twat hulle doel in die lewe is – dan kan goeie familie beginsels gekwek word.  Die oomblik as die Here slegs ‘n besoeker is dan tel mens teëspoed op.  Ek wil graag sulke beginsels kweek by mense – ons kan dood eenvoudig nie lewe sonder die Here nie.  Ek het onlangs gelees: “if you haven’t lost God, then you haven’t lost anything” – dus moet ons nie twyfel aan God se liefde vir ons nie.  Hy sal ons nie laat los nie, maar as ons Hom los dan is ons in vir ‘n onaangename reis.

Ryno se passie is tans die jeug.  Hy voel dat hulle leiding nodig het in hierdie wêreld  omdat tieners vandag besonders broos is en baie vatbaar is vir “gaggas”.  Die jeug het nodig om van Jesus te weet en as hulle reeds op so ‘n ouderdom aan die Here behoort kan die wêreld ‘n mooier plek word -  as al die kinders van die Here goeie en mooi vrugte dra – dink net hoe mooi sal die aarde nie lyk vanuit die hemelruim nie!!

Bossie weet dat God ‘n bepaalde plan vir sy lewe het.  Hy moet net stil wees en luister en doen, want uit eie krag sal niks voortspruit nie.

Tesame streef ons daarna om meer en meer soos Jesus te wees.  Ons wil as gesin ‘n voorbeeld stel vir ander.  Ons wil bemoedig waar ons kan, bid waar ons kan en ‘n verskil maak waar ons kan – en dit alles sal geskied volgens God se wil.  Die Heilige Gees sal ons lei na daar waar ons benodig word – want ons is bereid om instrumente te wees. 

Prys die Here vir dit wat ons alreeds ontvang het uit Sy Vaderhand! 

Back to ministry leaders